Gallina word toe aksie-bestemming

Moto-cross
Tielman Van Lill
Die tweede rondte van die nasionale MX-kampioenskap was veronderstel om môre by Gobabis plaas te vind, maar weens ‘n tekort aan water om die baan nat te maak en stof teen te werk, sal die byeenkoms môre by die Gallina-baan by Brakwater aangebied word.

Vele ryers sou oor die verwikkeling ietwat teleurgesteld voel, want hulle geniet die wonderlike Gobabis-baan baie. Ongelukkig sal Gobabis vanjaar moet uitsit en hoop dat 2025 weer genoeg reën in die Omahekestreek oplewer.

Die Gallina-baan is gereed vir die 2024-seisoen en met ‘n paar veranderinge en getroue borge, kan toeskouers en ondersteuners opnuut na ‘n dag propvol vuurwarm aksie uitsien.

Deelnemers was ná die eerste ronde baie tevrede met die nuwe uitleg van die Gallina-baan.

Al word Gallina tydens kompetisies met gryswater natgespuit, bestaan hier ook ‘n tekort wat die verandering genoodsaak het.

Die organiseerders sê: “Die 50 cc-klas ry nou 'n groot gedeelte van die senior baan. Ons moet water bespaar en dit was een van die redes om eerder die twee bane te kombineer, wat plek-plek nogal veeleisend vir die klein 50 cc-ryers is.

“Kyk uit vir Carter Bouwer, Markus Pack en Mason Meyer om die topplekke in hierdie klas in te neem.

“Die 65 cc-jaers geniet ook nuwe kompetisie. Die 2023-kampioen en ander ryers moes vir 2024 opskuif na hierdie klas. Oliver Mathews, Duhan van Wyk, Paul Mans asook die tweeling Sebastian en Maximillian Skutsch sal hul hande vol hê met mekaar, want almal van hulle is talentvol genoeg om met die louere weg te loop.

“Die 85 cc-afdeling is 'n klas gelaai met die twee wilde bulletjies, Khian Kotze en Leander Metzger, wat soos besetenes jaag. Hul tweestryd tydens die eerste kampioenskapsronde 'n maand gelede het kykgenot opgelewer. En moenie van Patrick Geiger en Connor Bouwer vergeet wat nie ver agter is nie. Dié twee sal munt slaan indien die voorlopers enige fout begaan.

“Die junior 125 cc-klas is ‘n ewe aanskoulike resies. Dit kan enige iemand se oorwinning op die dag wees en vir die aspirerende reekswenner sal 'n goeie begin van kardinale belang wees. Kompetisie is uiters straf tussen die ryers; net die geringste fout deur enigiemand kan jou binne ‘n oogwink 'n paar posisies laat verloor.

“Hier is Marco Lindemeier die buiteperd met die supervinnige Juan de Vos aan die voorpunt, terwyl die bestendige Björn Kebble en die onvoorspelbare Jarno Metzger op enige dag ‘n verrassing kan lewer. Gero Friederich het baie ontwikkel en hy het die eerste rondte oorheers.

“Die ope-klas word oorheers deur Namibië se eie Usain Bolt van MX, Mark Sternagel. Sy grootste kompetisie kan Rigo Wolf wees wat onlangs van die 125 cc- na die ope-klas opgeskuif het. Met Don-Ray Botha uitgetree en Dale Davies afwesig, is die kompetisie ietwat aan die dun kant.

“Ons veteraan-afdeling sal deur niemand anders nie as die gewilde Pack-broers (Sigi en Olaf) oorheers word, terwyl Gino Meyer gewoonlik warm op hul agterwiele volg.

“Die vroue sal weer saam met die klubman-jaers wegspring. Die nuwe inskrywings vir 2024 is Mezanize Oberholzer asook die susters Gabrielle en Abigail Still. Maike Bochert sal opnuut vir Zoe Waldschmidt en Ronja Friederich vir die topplekke uitdaag.

“Lourens du Plessis, JF van Eeden, Sunny Wittreich en Valentino de Villiers sal mekaar weer takel. Wittreich het in die eerste ronde gewys wat in hom steek en die kompetisie gemaklik ingepalm.

“Die hoogtepunt van die dag sal natuurlik weer die King of the Dirt wees. Van die 85 cc, junior 125 cc, ope-klas, veterane en vroue sal 'n uitmergelende 13 rondtes rondom die Gallina-baan aandurf om as die Koning van die Stof bekroon te word.”

Die aksie begin môre om 11:00 . Voorsiening word vir kos en drinkgoed gemaak. Die speelpark vir die klein MX-ondersteuners sal goed ondersteun word. 'n Dag van pret wag vir die hele gesin.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 15° | 32° Tsumeb: 15° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Wind speed: 40km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:26, High tide: 10:41, Low Tide: 16:45, High tide: 23:19 Swakopmund: 16° | 18° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:39, Low Tide: 16:43, High tide: 23:17 Walvis Bay: 17° | 25° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:38, Low Tide: 16:43, High tide: 23:16 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 31° Keetmanshoop: 20° | 32° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 16° | 29° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 14° | 25° Maseru: 10° | 26° Antananarivo: 15° | 25° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 18° | 28° Windhoek: 13° | 27° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 26° | 30° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 27° Currency: GBP to NAD 23.29 | EUR to NAD 19.95 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.69 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.17 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.69 | USD to ZMW 26.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 291.99/OZ UP +0.02% | Copper US$ 4.44/lb DOWN -0.0134 | Zinc US$ 2 914.00/T UP 1.37% | Brent Crude Oil US$ 84.02/BBP DOWN -0.0308 | Platinum US$ 944.54/OZ UP +1.05% Sport results: LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Weather: Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 15° | 32° Tsumeb: 15° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Wind speed: 40km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:26, High tide: 10:41, Low Tide: 16:45, High tide: 23:19 Swakopmund: 16° | 18° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:39, Low Tide: 16:43, High tide: 23:17 Walvis Bay: 17° | 25° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:38, Low Tide: 16:43, High tide: 23:16 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 31° Keetmanshoop: 20° | 32° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 16° | 29° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 14° | 25° Maseru: 10° | 26° Antananarivo: 15° | 25° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 18° | 28° Windhoek: 13° | 27° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 26° | 30° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.29 | EUR to NAD 19.95 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.69 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.17 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.69 | USD to ZMW 26.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 291.99/OZ UP +0.02% | Copper US$ 4.44/lb DOWN -0.0134 | Zinc US$ 2 914.00/T UP 1.37% | Brent Crude Oil US$ 84.02/BBP DOWN -0.0308 | Platinum US$ 944.54/OZ UP +1.05%