Tradisionele owerheid besoek Staatshuis

Augetto Graig
Die ontwikkelaars van die Daures Green Hydrogen Village in die hartjie van die Tsiseb-bewaringsgebied – onder die jurisdiksie van die Daure Daman Tradisionele Owerheid – het president Nangolo Mbumba tydens 'n besoek vandeesweek aan Staatshuis op hoogte gebring van hul vordering.

Zacharias Seibeb, die hoofman van dié tradisionele owerheid, is vergesel deur Jerome Namaseb, die uitvoerende hoof, asook verskeie jongmense wat by die projek betrokke is.

Namaseb het tydens sy voorlegging uitgebrei oor bouwerk vir fase een van die projek, wat reeds 85% voltooi is.

Hy het ook uitgebrei oor hoe die 12,2 miljoen Britse pond, wat vir die projek geskenk is, aangewend gaan word.

Namaseb sê die produksie van die eerste 18 ton waterstof en 100 ton groen ammoniak behoort reeds teen Julie vanjaar te begin.

Dit sal voltydse werksgeleenthede vir tussen 20 en 30 werknemers skep. Tydens die bouproses word 201 werkers in diens geneem, insluitend meer as 80 van die Daures-kiesafdeling, wat al jare lank met werkloosheid sukkel.

Ook verskaf 23 klein besighede, insluitend sewe van die kiesafdeling, dienste en produkte vir die projek. Namaseb sê sowat 77% van die projek se werknemers is jongmense.

Die Universiteit van Namibië (Unam) in samewerking met die Universiteit van Stuttgart is tans by die ontwikkeling besig met navorsing oor onder meer die sosioëkonomiese impak en die gebruik van waterstof en verwante produkte.

Tydens die eerste fase van die projek sal sonkrag op die perseel ongeveer 0,74 megawatt opwek om die 0,25 megawatt-elektroliseerder aan te dryf.

Die elektroliseerder behoort teen einde vandeesmaand na Namibië verskeep te word waar dit na verwagting teen Junie geïnstalleer sal word.

Die ammoniak-sintetiseerder word ook binnekort verwag.

Dit sal boorgatwater skei om waterstof en suurstof te produseer. Met swaelsuur van die smelter op Tsumeb beplan die Daures Green Hydrogen Village-projek om kunsmis in kombinasie met die ammoniak te vervaardig.

Volgens Namaseb is navorsing en sakeplanne vir die kunsmisproduksie reeds voltooi om in tot 30% van die plaaslike vraag van Daures te kan voorsien.

Verder is ooreenkomste reeds met Amta en Agribusdev gesluit. Verdere finansiering van die projek tot industriële skaal word nou gesoek.

Uiteindelik is die hoop dat tot 1 000 werksgeleenthede geskep sal word.

Seibeb het op sy beurt die ontwikkeling as die verwesenliking van ’n droom beskryf en ook erkenning gegee aan wyle president Hage Geingob wat die groenwaterstofkonsep voorgestel het.

Die hoofman is dankbaar vir die ontwikkeling in die gebied wat tans plaasvind, vergeleke met jare waartydens niks gebeur het nie.

Hy het ’n beroep op vennote gedoen om te verseker dat werksgeleenthede vir skoolverlaters in die streek geskep word.

Seibeb het ook ’n uitnodiging aan die staatshoof gerig om die projek te besoek, asook ander ontwikkelings op Uis en in die omgewing van die tradisionele owerheid.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca European Championships Qualifying: Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 11° | 27° Omaruru: 11° | 30° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 27° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 35km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:49, High tide: 12:03, Low Tide: 17:43, High tide: 00:16 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:01, Low Tide: 17:41, High tide: 00:14 Walvis Bay: 23° | 33° Wind speed: 28km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:00, Low Tide: 17:41, High tide: 00:13 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 32° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 16° | 30° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 22° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 12° | 27° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 14° | 27° Harare: 13° | 26° Currency: GBP to NAD 23.06 | EUR to NAD 19.8 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.27 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.26 | USD to ZMW 25.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 383.04/OZ UP +0.22% | Copper US$ 4.89/lb UP +1.02% | Zinc US$ 2 975.40/T DOWN -0.09% | Brent Crude Oil US$ 83.73/BBP DOWN -0.0005 | Platinum US$ 1 058.51/OZ DOWN -0.0029 Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca European Championships Qualifying: Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 11° | 27° Omaruru: 11° | 30° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 27° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 35km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:49, High tide: 12:03, Low Tide: 17:43, High tide: 00:16 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:01, Low Tide: 17:41, High tide: 00:14 Walvis Bay: 23° | 33° Wind speed: 28km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:00, Low Tide: 17:41, High tide: 00:13 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 32° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 16° | 30° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 22° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 12° | 27° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 14° | 27° Harare: 13° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.06 | EUR to NAD 19.8 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.27 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.26 | USD to ZMW 25.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 383.04/OZ UP +0.22% | Copper US$ 4.89/lb UP +1.02% | Zinc US$ 2 975.40/T DOWN -0.09% | Brent Crude Oil US$ 83.73/BBP DOWN -0.0005 | Platinum US$ 1 058.51/OZ DOWN -0.0029