DON’T BE A CHICKEN: Moses 
Andjene. PHOTO: CONTRIBUTED
DON’T BE A CHICKEN: Moses Andjene. PHOTO: CONTRIBUTED

Swapo-lid praat wat leier klap

Man sê amptenare wou hom stilmaak
Swapo-amptenare kom Mix toe wanneer daar verkiesings gehou word, maar daarna verdwyn hulle en keer eers weer terug wanneer die volgende verkiesing aanbreek, sê Moses Andjene.
Redaksie
Nuusredaksie – Die Swapo-lid en pa van ses, Moses Andjene, wat dié party se takkoördineerder, Bonifatius Munango, Saterdag tydens ’n Swapo-vergadering by die informele nedersetting Mix geklap het, sê dit is pynlik om te sien dat beamptes die slagspreuk “Nou harde werk” skree, terwyl daar baie min bewyse van sulke werk in sy gemeenskap is.

Mix is ’n arm gemeenskap sowat 21 kilometer noord van Windhoek en die nedersetting is vernoem na die Duitser Heiner Mix, wat in die 1980’s mense toegelaat het om hulle op sy 50 hektaar grond te vestig. Ná Mix se dood in 1999 het die nedersetting vinnig uitgebrei aangesien daar geen verhuurder meer was nie.

In 2006 het ’n lang regs- en politieke stryd begin nadat ’n maatskappy wat deur die huidige minister van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit, Frans Kapofi, besit word, die grond gekoop het en wou hê die inwoners moet trek.

Mix-inwoners het op hul beurt die regering versoek om die grond te onteien. In ’n beweerde polities-gemotiveerde stap het die regering die grond in November 2010 – twee weke voor die streekverkiesing – bekom en belowe om die gebied te ontwikkel.

Vroeg in 2020 is planne bekend gemaak om die nedersetting te formaliseer en te ontwikkel.

Onder die beplande ontwikkelings was die voorsiening van water en sanitasiegeriewe asook die vestiging van ’n kliniek en ’n polisiekantoor. Terwyl die belofte van water en sanitasie nagekom is, bly die nedersetting sonder ’n kliniek, skool en polisiekantoor.

Inwoners moet N$25 vir vervoer na Windhoek betaal om toegang tot talle dienste te kry, en dieselfde bedrag om weer terug na Mix te keer.

“Jy moet N$50 hê, maar dis net om tussen Mix en die Monte Christo-diensstasie te reis. Jy moet dan ’n bykomende N$13 hê om na Stad Windhoek te gaan – om ons waterkaarte te herlaai – en ’n verdere N$13 om terug te keer na Monte Christo waar jy ’n saamrygeleentheid kan kry om terug na Mix te gaan,” het Andjene Maandag aan ons susterkoerant Namibian Sun gesê.

GEEN BEWYSE

Andjene het Saterdag se geleentheid bygewoon wat in die nedersetting plaasgevind het.

Hiertydens het Tobie Aupindi, lid van Swapo se sentrale komitee, die skare toegespreek,

maar dit was die Khomas-streekgoewerneur Laura McLeod-Katjirua se toespraak aan die gemeenskap wat Andjene glo woedend gemaak het.

“Ek het as ’n partylid bevraagteken hoekom hulle aanhou skree ‘Nou harde werk’ terwyl daar geen bewyse van daardie harde werk in die gemeenskap is nie,” het hy gesê.

“Nadat ek hierdie dinge bevraagteken het, is daar vir my gesê ek moet die vergadering verlaat, en ek het geweier. Is ons net veronderstel om in die vergadering te wees as ons ons koppe knik en hande klap? Hoekom word ons nie toegelaat om ons leiers uit te daag en hulle aanspreeklik te hou nie?” wou hy weet.

“Eintlik het ek hom [Munango] net geklap omdat hy fisiek met my was. Tot my hoed afgeval het, dis toe dat ek gereageer het deur hom te klap. Hulle weet waar ek woon, ek is nie bang om in hegtenis geneem te word nie.”

Hy het gesê Swapo-amptenare kom Mix toe wanneer daar verkiesings gehou word, maar daarna verdwyn hulle en keer eers weer terug wanneer die volgende verkiesing aanbreek.

“Met wie moet ons praat as hulle nooit hier is nie?” het Andjene, wat al 24 jaar in dié nedersetting woon, gevra.

Die werklose pa het vertel van die stryd wat hul kinders voer om skool by te woon.

“Ons het reëlings met mense wat motors het om ons kinders skool toe te neem, maar as jy versuim om aan die einde van die maand te betaal, weier hulle om jou kinders op te laai. Ek is ’n Swapo-lid met ’n goeie reputasie. Ek het selfs die nuwe lidmaatskapkaart wat in 2023 uitgereik is, maar nou word daar vir my gesê ek moet die vergadering verlaat omdat ek krities is oor sekere dinge? Nee, ek sal dit nie aanvaar nie.”

Hy het die party se leiers vergelyk met ’n oom wat dronk by die huis kom en die laaste sê oor alles wil hê.

Andjene het verder gesê Stad Windhoek moet dienste om waterkaarte te herlaai na die gemeenskap bring.

“Hulle kan ons selfs een keer per maand besoek, sodat ons ons kaarte kan herlaai, pleks daarvan dat ons astronomiese vervoerkoste moet betaal. Ons het nie werk nie!

Andjene, oorspronklik van die dorp Omufito Weelo in Ombalanhu, het gesê dat los werkies in Mix, soos die skoonmaak van paaie, aan mense van buite die nedersetting gegee word in plaas van aan werklose plaaslike inwoners.

Toe hy gevra is vir wie hy in November gaan stem, het hy gesê: “My stem is my geheim”.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 15° | 32° Tsumeb: 15° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Wind speed: 40km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:26, High tide: 10:41, Low Tide: 16:45, High tide: 23:19 Swakopmund: 16° | 18° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:39, Low Tide: 16:43, High tide: 23:17 Walvis Bay: 17° | 25° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:38, Low Tide: 16:43, High tide: 23:16 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 31° Keetmanshoop: 20° | 32° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 16° | 29° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 14° | 25° Maseru: 10° | 26° Antananarivo: 15° | 25° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 18° | 28° Windhoek: 13° | 27° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 26° | 30° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 27° Currency: GBP to NAD 23.18 | EUR to NAD 19.86 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.53 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.94 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1349.9 | USD to ZAR 18.53 | USD to ZMW 26.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13322.85 Up +0.03% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 307.34/OZ UP +0.69% | Copper US$ 4.47/lb DOWN -0.0074 | Zinc US$ 2 923.50/T UP 0.18% | Brent Crude Oil US$ 84.56/BBP DOWN -0.0245 | Platinum US$ 955.09/OZ UP +2.18% Sport results: LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Weather: Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 15° | 32° Tsumeb: 15° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Wind speed: 40km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:26, High tide: 10:41, Low Tide: 16:45, High tide: 23:19 Swakopmund: 16° | 18° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:39, Low Tide: 16:43, High tide: 23:17 Walvis Bay: 17° | 25° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:38, Low Tide: 16:43, High tide: 23:16 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 31° Keetmanshoop: 20° | 32° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 16° | 29° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 14° | 25° Maseru: 10° | 26° Antananarivo: 15° | 25° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 18° | 28° Windhoek: 13° | 27° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 26° | 30° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.18 | EUR to NAD 19.86 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.53 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.94 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1349.9 | USD to ZAR 18.53 | USD to ZMW 26.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13322.85 Up +0.03% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 307.34/OZ UP +0.69% | Copper US$ 4.47/lb DOWN -0.0074 | Zinc US$ 2 923.50/T UP 0.18% | Brent Crude Oil US$ 84.56/BBP DOWN -0.0245 | Platinum US$ 955.09/OZ UP +2.18%