Dam levels
Dam levels

Watertoevoer na hoofstad verminder

Teiken vir verbruik met 18% oorskry
Die Windhoek-akwifer se watervlak het met gemiddeld 75 meter gedaal.
Ellanie Smit
NamWater het besluit om watervoorsiening met 35% van sy totale wateraanvraag te verminder.

Die grootste deel van die watertoevoer na Windhoek is afkomstig uit die drie damstelsels, naamlik die Omatako-, Swakoppoort- en Von Bachdam wat oppervlakwater stoor en opgaar tydens die reënseisoen wanneer die riviere vloei.

Stad Windhoek (CoW) het in ’n aankondiging aan inwoners gesê dié drie primêre damme wat water aan die hoofstad verskaf, se vlakke is tans beduidend laag weens minimale invloei tydens die reënseisoen.

Die ministerie van landbou, water en grondhervorming, Calle Schlettwein, het verlede jaar gesê die totale aanvraag na water vir Windhoek is sowat 28 miljoen kubieke meter per jaar, waarvan 22 miljoen kubieke meter van die Von Bach-, Omatako- en Swakoppoortdam afkomstig is.

Volgens die jongste dambulletin wat deur NamWater uitgereik is, is die gemiddelde vlak van die drie damme tans 19% vergeleke met verlede seisoen toe dit 38% vol was.

Swakoppoort is tans 37,5% vol, Von Bach 11,5% en die Omatako staan op 0,5%.

CoW het ook gesê dat die Windhoek-akwifer se watervlak met gemiddeld 75 meter afgeneem het, hoofsaaklik as gevolg van uitgebreide pompbedrywighede sedert Mei 2023.

Die woordvoerder van CoW, Harold Akwenye, kon nie aan Republikein se susterkoerant Namibian Sun sê wat die huidige wateraanvraag vir die hoofstad is nie, maar sê hulle sal steeds in staat wees om watervoorsiening deur middel van boorgate en die herwinningsaanleg te bestuur.

Volgens hom sal daar geen waterbeperkings wees nie, maar het ’n beroep op inwoners gedoen om water spaarsamig te gebruik.

“Krane gaan nie droogloop nie. Jy sal nie eens agterkom ons is in ’n droogte nie,” het hy gesê.

Akweneya het egter erken Windhoek staar ’n waterkrisis in die gesig met sy huidige voorraad wat net tot volgende jaar sal hou indien daar geen reënval en invloei in damme is nie. Hy het inwoners gevolglik gemaan om ’n daadwerklike poging aan te wend om water te bespaar.

“Tans is daar ’n vereiste om waterverbruik met ten minste 10% te verminder.”

Die hoofstad se weeklikse Water Watch het getoon vir die tydperk 9 tot 19 April het inwoners weer eens die teiken vir waterverbruik met 18% oorskry.

Die munisipaliteit vra inwoners om nie nou nuwe tuine te vestig nie, die natmaak van tuine te beperk tot voor 09:00 en ná 17:00, swembaddens te bedek om verdamping te bestuur en ook eerder van emmers en waterdoeltreffende drukspuite gebruik te maak wanneer motors gewas word.

HARDAP

Intussen het Hardap-produsente goedkeuring van die Hardapdamskema ontvang om 25% van hul landerye te besproei.

Die Hardapdam is tans 12,6% vol, wat 37 miljoen kubieke meter water verteenwoordig.

Dawie de Klerk, die voorsitter van die Hardap Boerevereniging, sê Hardap-produsente mag net 25% van hul gelyste hektaar besproei.

“Dit beteken dat ten minste 25% koring geplant kan word. Dit help ook dat daar nie totale afleggings van die werksmag is nie. Waterverbruik sal streng gemonitor word om 24 November te haal wanneer die koring gereed sal wees om geoes te word,” het De Klerk gesê.

NamWater se uitvoerende hoof, Abraham Nehemia, kon nie vir kommentaar bereik word nie.

Die Namibiese weerdienste sê die grootste gedeelte van Namibië het ondergemiddelde reënval op ’n seisoenale skaal ervaar, grootliks weens die swak reënsyfers wat in Desember en Februarie aangeteken is. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 15° | 32° Tsumeb: 15° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Wind speed: 40km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:26, High tide: 10:41, Low Tide: 16:45, High tide: 23:19 Swakopmund: 16° | 18° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:39, Low Tide: 16:43, High tide: 23:17 Walvis Bay: 17° | 25° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:38, Low Tide: 16:43, High tide: 23:16 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 31° Keetmanshoop: 20° | 32° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 16° | 29° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 14° | 25° Maseru: 10° | 26° Antananarivo: 15° | 25° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 18° | 28° Windhoek: 13° | 27° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 26° | 30° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 27° Currency: GBP to NAD 23.21 | EUR to NAD 19.89 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.56 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.43 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1349.9 | USD to ZAR 18.56 | USD to ZMW 26.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13322.85 Up +0.03% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.97/OZ UP +0.46% | Copper US$ 4.46/lb DOWN -0.0096 | Zinc US$ 2 923.50/T UP 0.18% | Brent Crude Oil US$ 84.35/BBP DOWN -0.0269 | Platinum US$ 951.10/OZ UP +1.75% Sport results: LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Weather: Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 15° | 32° Tsumeb: 15° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Wind speed: 40km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:26, High tide: 10:41, Low Tide: 16:45, High tide: 23:19 Swakopmund: 16° | 18° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:39, Low Tide: 16:43, High tide: 23:17 Walvis Bay: 17° | 25° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:38, Low Tide: 16:43, High tide: 23:16 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 31° Keetmanshoop: 20° | 32° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 16° | 29° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 14° | 25° Maseru: 10° | 26° Antananarivo: 15° | 25° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 18° | 28° Windhoek: 13° | 27° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 26° | 30° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.21 | EUR to NAD 19.89 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.56 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.43 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1349.9 | USD to ZAR 18.56 | USD to ZMW 26.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13322.85 Up +0.03% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.97/OZ UP +0.46% | Copper US$ 4.46/lb DOWN -0.0096 | Zinc US$ 2 923.50/T UP 0.18% | Brent Crude Oil US$ 84.35/BBP DOWN -0.0269 | Platinum US$ 951.10/OZ UP +1.75%