Mix suig aan regering se agterspeen

Inwoners meestal werkloos
Die Mix-nedersetting is in die kollig nadat ˊn moedelose inwoner ˊn Swapo-raadslid by ˊn gemeenskapsvergadering geklap het.
Mariud Ngula
Die Mix-nedersetting aan die buitewyke van Windhoek se inwoners is uitgelewer aan 'n hopelose gebrek aan enige regeringsdienste. Dit het nie ˊn kliniek nie en die staatskool huisves leerlinge net tot by graad 2. Ouer leerlinge moet noodgedwonge soggens 04:00 ongeag reën of bibberkoue, opstaan die sowat 20 kilometer Windhoek en skool toe te stap.

"Hulle word in motors ingeprop en by die Monte Christo-diensstasie in Windhoek afgelaai, vanwaar hulle na hul onderskeie skole moet stap," het ˊn taxibestuurder, bekend as Kashamba, aan Republikein se susterkoerant Namibian Sun gesê. Diegene wat gelukkig genoeg is om maats te hê, stap saam en wat beter is. Die wat niemand het wat saam hulle skoolgaan nie, moet al die pad alleen stap, het Kashamba tydens 'n besoek deur die koerant gesê pas nadat hy van sy tweede rit na Windhoek teruggekeer het.

Die stryd om vervoer by die nedersetting te kry, maak dat skoolkinders moet meeding met volwassenes op soek na werk vir ˊn rit na die hoofstad. Ouers van leerlinge wat in Windhoek skoolgaan, het 'n staande ooreenkoms met voertuigeienaars wat N$600 per kos om hulle in die hoofstad en terug te kry. Die ooreenkoms maak dit egter soms moeilik vir volwassenes om ook 'n plek in die motor te kry.

Die primêre skool Mix het geen elektrisiteit nie. Tydens Namibian Sun se besoek is leerlinge vroeër huistoe gestuur omdat daar geen water was nie. Volgens die skoolhoof Ronel Lopes beteken die feit dat die skool nie krag het nie, personeel moet Windhoek toe ry om basiese dinge te doen soos om afskrifte te maak.

Die bou van ekstra klaskamers wat die skool sou uitbrei tot graad sewe het vroeër vanjaar begin. Die kontrakteur het sedertdien glo spore gemaak weens 'n gebrek aan boumateriaal. Die uitbreiding van die skool sal na verwagting eers in 2026 voltooi wees, wat vir die kinders van die Mix-gemeenskap beteken nog minstens twee jaar waartydens hulle die kilometers op hul eie skool toe moet aanpak. Die enigste krag in Mix is vir straatligte. Huise gebruik hoofsaaklik houtvure om kos te maak. Die hout word onwettig op nabygeleë plase versamel. Vroue van die nedersetting word gevolglik dikwels in hegtenis geneem en beboet vir onwettige betreding.

"Elektrisiteit sal ons lewe op baie maniere ˊn bietjie makliker maak. Ons kinders doen hul huiswerk by kerslig wat gevaarlik kan wees. As ˊn kers per ongeluk omgestamp word, kan ˊn brand uitbreek en ons huise tot as verbrand," het ˊn inwoner wat as Jeremiah bekendstaan, gesê.

Om hul ellende te vererger, het kinders in Mix geen speelgrond nie. Die mobiele kliniek besoek die nedersetting een keer per maand op ˊn uitreikbasis en ambulanse neem glo gemiddeld drie ure om uit te kom vir noodgevalle.

"As jy snags siek word en ˊn motoreienaar vra om jou na ˊn hospitaal in Windhoek te neem, sal jy N$400 vir vervoer alleen gevra word. En onthou, dit is ˊn nedersetting van hoofsaaklik werklose mense. Die hoofbron van inkomste hier is deur te werk as n kapanaverkoper en daardie tipe werk. Ons het geen inkomste om astronomiese fooie te betaal vir dienste wat die regering lankal aan ons moes gelewer het nie," het Jeremiah bygevoeg.

Die raadslid vir die Windhoek landelike-kisafdeling, Piet Adams, is volgens inwoners maar skaars om by Mix te sien. In reaksie op navrae het hy gesê die kliniek wat met die Khomasstreeksraad se geld gebou is, het krag en daar word net vir die groenlig gewag vir die amptelike oorhandiging. Oor die kwessie van die kragpale wat opgerig is, maar nie aangeskakel is nie, het hy navrae na die Windhoek munisipaliteit verwys.

Oor die kwessie van die skool, toe ek aan boord gekom het, was dit nie-funksioneel nie. Ten minste kan die eerste groep leerders reeds onderrig vanaf graad nul tot twee ontvang. Die doel is dat Mix-inwoners nie hul kinders na ander gebiede hoef te neem nie. Hierdie projek moet nog ˊn lang pad stap voor dit die voltooiingsfase bereik," het hy gesê.

Terwyl die nedersetting gemeenskaplike watertappe het, het sommige inwoners gesê hulle woon te ver daarvandaan. Ons het meer krane nodig om die afstande wat ons tans stap om water te gaan haal, te verminder," het een inwoner gesê.

Water moet vooraaf deur die koopwater-sisteem betaal word. Dit beteken inwoners moet N$25 uitgee om Monte Christo-vulstasie te bereik en ˊn verdere N$13 om ˊn taxi te neem na die Windhoek munisipaliteit. Hulle moet dan nog N$13 betaal om terug te keer na Monte Christo en dan N$25 om terug te keer na Mix. Dit is altesaam N$76, net vir die nodige vervoer om water te koop.

Sommige inwoners het die regering se voedselhulp-program as ˊn grap beskryf en gesê voedsel word sporadies en in skokkend lae hoeveelhede afgelewer.

Intussen, met geen polisiestasie by die nedersetting nie, is misdaad aan die orde van die dag. "Selfs om ˊn afskrif te laat sertifiseer, moet jy na Windhoek gaan," deel ˊn inwoner.

Die Khomas-streek se direkteur vir gesondheid Thomas Ukola skets ˊn prentjie van ˊn kollosale taak om die Mix-nedersetting te red.

"Met die kwessie van ambulanse, soos jy weet, het die bevolking van Windhoek eksponensieël gegroei en beloop ˊn half miljoen mense. Ons het drie ander fasiliteite in die landelike gebiede van die Windhoek-distrik - Baumgartz Brunn, Dordabis en Groot Aub wat ook voorsiening moet maak. Ons gebruik die ambulanse wat ons het tot hul uiterste om seker te maak dat ons reageer op gesondheidsnoodgevalle," het hy gesê.

Frustrasies op Mix het ˊn hoogtepunt bereik toe een van die inwoners, Moses Ndjene, Swapo-takkoördineerder Bonifatius Munango tydens ˊn partyveldtogvergadering by die nedersetting geklap het.

"Ek het as ˊn partylid gevra waarom hulle voortdurend nou, harde werk skree terwyl daar geen bewyse van daardie harde werk op die grond is nie," het hy gesê.

"Nadat ek hierdie dinge bevraagteken het, is ek aangesê dat ek die vergadering moet verlaat, en ek het geweier. Is ons net veronderstel om in die vergadering te wees as ons koppe knik en hande klap? Hoekom word ons nie toegelaat om ons leiers uit te daag en hulle aanspreeklik te hou nie?" het hy Namibian Sun meegedeel.

Kommentaar

Republikein 2024-05-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca European Championships Qualifying: Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 11° | 27° Omaruru: 11° | 30° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 27° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 35km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:49, High tide: 12:03, Low Tide: 17:43, High tide: 00:16 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:01, Low Tide: 17:41, High tide: 00:14 Walvis Bay: 23° | 33° Wind speed: 28km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:00, Low Tide: 17:41, High tide: 00:13 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 32° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 16° | 30° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 22° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 12° | 27° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 14° | 27° Harare: 13° | 26° Currency: GBP to NAD 23.06 | EUR to NAD 19.8 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.27 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.26 | USD to ZMW 25.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 385.48/OZ UP +0.32% | Copper US$ 4.90/lb UP +1.12% | Zinc US$ 2 981.00/T UP 0.1% | Brent Crude Oil US$ 83.80/BBP UP +0.03% | Platinum US$ 1 058.66/OZ DOWN -0.0028 Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca European Championships Qualifying: Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 11° | 27° Omaruru: 11° | 30° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 27° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 35km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:49, High tide: 12:03, Low Tide: 17:43, High tide: 00:16 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:01, Low Tide: 17:41, High tide: 00:14 Walvis Bay: 23° | 33° Wind speed: 28km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:00, Low Tide: 17:41, High tide: 00:13 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 32° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 16° | 30° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 22° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 12° | 27° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 14° | 27° Harare: 13° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.06 | EUR to NAD 19.8 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.27 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.26 | USD to ZMW 25.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 385.48/OZ UP +0.32% | Copper US$ 4.90/lb UP +1.12% | Zinc US$ 2 981.00/T UP 0.1% | Brent Crude Oil US$ 83.80/BBP UP +0.03% | Platinum US$ 1 058.66/OZ DOWN -0.0028