Droewige prentjie van Nida-projekte

Henriette Lamprecht
Geen water en krag, miljoene se infrastruktuur wat weggedra of vernietig is, net so miljoene in masjinerie wat steeds in kartonne in pakhuise staan en stof opgaar.

Dit is die uiters droewige prentjie wat die staande komitee oor openbare rekeninge en ekonomie skets van die Agro-verwerkings- en ontwikkelingsprojekte in ||Kharas, Otjozondjupa, Zambezi, Kavango-Wes en Oshana, wat die agentskap vir nywerheidsontwikkeling in Namibië (Nida) geïmplementeer het.

Nida is voortdurend in die nuus oor wanbetalings, wat insluit krag- en waterrekeninge wat vir maande nie vereffen word nie, sowel as oudwerknemers se mediesefondsbetalings wat nie aan mediese fondse oorbetaal word nie en hulle gevolglik sonder enige mediese dekking laat. Nida val onder die ministerie van nywerheidsontwikkeling en handel.

In die ||Kharasstreek is daar weens wanbetaling van munisipale rekeninge geen water en krag by gemeenskapsmarkte en industriële parke wat deur Nida bestuur word nie. By die Naute-besproeiingskema is daar reeds vir meer as drie maande geen krag en water nie. Inkomste wat deur die plaas gegenereer word, word in ’n bankrekening by Nida se hoofkantoor in Windhoek betaal.

Vir die daaglikse bestuur van die skema moet bestuurders eers ’n versoek aan die hoofkantoor rig voor en indien geld beskikbaar gestel word. Die bestuurders kon tydens die komitee se besoek nie sê hoeveel geld ingebring word deur die produkte wat geproduseer word nie, omdat dit direk in die hoofkantoor se rekening betaal word en hulle geen rekords hiervan het nie. Prosedures vir aankope en die vertraging in goedkeuring van hoofkantoor, belemmer die aansoek vir chemikalieë soos kunsmis.

Die biomass-projek buite Otjiwarongo wek “ernstige kommer” en word beskryf as ’n “droewige stand van sake”. Toerusting bestem vir die projek staan reeds die afgelope paar jaar in geseëlde vraghouers nadat die Covid-19-pandemie die implementering van die projek ontwrig het. Nida se streekkantoor op die dorp kon nie verduidelik wat in die vraghouers is nie en kon ook nie voorraadlyste verskaf van die ander toerusting op die perseel nie aangesien daar glo nie ’n afleweringsnota by was toe die vraghouers en die toerusting afgelewer is nie.

Verlate veevoer en mieliepitte is saam met masjiene vir die produksie van veevoer in ’n pakhuis gekry wat nie ordentlik beveilig is nie.

In Zambezi is die konstruksie van die Manyeha-krokodilplaas in 2018 reeds gestaak en is daar nooit weer daarvoor begroot nie. Die projek is totaal verlate met gebreekte straatligte en grasdakke en olifantspore wat tussen die infrastruktuur gesien is en nie omhein is nie.

Die Kavango-beesplaas in Kavango-Wes het geen toegang tot geld vir die daaglikse bestuur van die plaas nie, het net twee voertuie wat nog bruikbaar is, terwyl ander voertuie sonder onderdele rondstaan.

Die Ondangwa-leerlooieryprojek is al die afgelope 11 jaar nie in bedryf nie, met opgraderings wat net halfpad gedoen is en so weens ’n tekort aan geld laat staan is. Ou en nuwe masjiene vergader stof in die pakhuis, daar is geen water en krag nie, terwyl van die dromme nog met water en velle staan sedert die laaste keer wat die leerlooiery in gebruik was. Vandale het die heining geknip en die binnevoering by die nuwe damme met ’n waarde van N$11 miljoen is onwettig verwyder.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca European Championships Qualifying: Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 11° | 27° Omaruru: 11° | 30° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 27° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 35km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:49, High tide: 12:03, Low Tide: 17:43, High tide: 00:16 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:01, Low Tide: 17:41, High tide: 00:14 Walvis Bay: 23° | 33° Wind speed: 28km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:00, Low Tide: 17:41, High tide: 00:13 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 32° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 16° | 30° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 22° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 12° | 27° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 14° | 27° Harare: 13° | 26° Currency: GBP to NAD 23.06 | EUR to NAD 19.8 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.27 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.26 | USD to ZMW 25.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 383.04/OZ UP +0.22% | Copper US$ 4.89/lb UP +1.02% | Zinc US$ 2 975.40/T DOWN -0.09% | Brent Crude Oil US$ 83.73/BBP DOWN -0.0005 | Platinum US$ 1 058.51/OZ DOWN -0.0029 Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca European Championships Qualifying: Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 11° | 27° Omaruru: 11° | 30° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 27° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 35km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:49, High tide: 12:03, Low Tide: 17:43, High tide: 00:16 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:01, Low Tide: 17:41, High tide: 00:14 Walvis Bay: 23° | 33° Wind speed: 28km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:00, Low Tide: 17:41, High tide: 00:13 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 32° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 16° | 30° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 22° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 12° | 27° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 14° | 27° Harare: 13° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.06 | EUR to NAD 19.8 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.27 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.26 | USD to ZMW 25.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 383.04/OZ UP +0.22% | Copper US$ 4.89/lb UP +1.02% | Zinc US$ 2 975.40/T DOWN -0.09% | Brent Crude Oil US$ 83.73/BBP DOWN -0.0005 | Platinum US$ 1 058.51/OZ DOWN -0.0029