FOTO ARGIEF
FOTO ARGIEF

Diensvlakke by mediese store daal

Uitdagings in verskaffing van medisyne, kliniese voorrade
'n Oplossing is om die sentrale mediese store na 'n nuwe perseel te skuif wat ruimte skep vir optimale stoorgeriewe, wat in die behoeftes vir die volgende 20 tot 30 jaar sal voorsien.
Henriette Lamprecht
Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste ervaar uitdagings met die verskaffing van die vereiste medisyne en kliniese voorrade aan staatshospitale en gesondheidsgeriewe as gevolg van faktore wat deel uitmaak van die regering se verkrygingstelsel.

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, het tydens die bespreking van sy ministerie se begroting van N$10,9 miljard gesê die ministerie werk saam met die ministerie van finansies en openbare ondernemings om ’n oplossing vir die uitdagings te vind.

Volgens Shangula is die ministerie ná “jare se wag” ingelig dat die Sentrale Verkrygingsraad van Namibië (CPBN) kontrakte onderteken het vir die verskaffing van kliniese voorrade en antiretrovirale medisyne aan die ministerie deur suksesvolle tenderaars.

“Die verantwoordelikheid rus nou op die suksesvolle tenderaars se skouers om te verseker hulle verskaf volgens die bestellings,” sê Shangula.

Diensvlakke by die ministerie se sentrale mediese store (CMS) het van ’n hoë 92% in 2007-’08 gedaal tot 58% ses jaar gelede in die 2017-’18-finansiële jaar. Volgens Shangula kan dit deels toegeskryf word aan bottelnekke wat tydens die verkrygingsproses ervaar word, verskaffers wat nie betyds aflewer nie, stygende aanvraag en aankoopvolumes by gesondheidsgeriewe asook organisatoriese uitdagings by die store self.

In ’n poging om langtermyn-oplossings te vind en die uitdagings te takel, het die ministerie ’n omkeerstrategie vir die CMS ontwikkel wat ten doel het om die infrastruktuur vir die berging van voorraad te verbeter.

Een van die voorstelle is om die CMS na ’n nuwe perseel te skuif wat ruimte skep vir optimale stoorgeriewe wat in die behoeftes vir die volgende 20 tot 30 jaar sal voorsien.

Volgens Shangula ervaar die ministerie ook ’n uitdaging met ’n wanbalans in vaardighede omdat daar ’n skaarste in prioriteit-gesondheidslui in die arbeidsmark is. Dit sluit oudioloë, spraakterapeute, sielkundiges en sonograwe in.

Ook is daar ’n groot behoefte aan finansiering vir die opleiding van studente in prioriteitsgebiede. ’n Gebrek aan geld briek ook volgens die minister die uitbreiding van sy personeelkorps in reaksie tot die bevolking se gesondheidsbehoeftes.

Met verwysing na teikens wat eers bereik moet word voordat universele gesondheidsorg (UHC) ’n werklikheid word, word uitdagings ervaar in die verbetering van gesondheidsdienste wat noodsaaklik vir UHC is.

Goeie nuus uit die ministerie se begroting is die beplande Windhoek-distrikshospitaal wat algemene gesondheidsorg aan binne- en buitepasiënte sal verskaf in ’n poging om die werkslading en verwysings na die Katutura-hospitaal te verlig. Laasgenoemde sal as ’n klas B-instelling in terme van verwysings dien, ingesluit pasiënte van distrikshospitale oraloor die land. Dit sal ook as opleidingsentrum vir internskappe in verskeie gesondheidsdissiplines dien en fokus op spesialisdienste, -opleiding en -navorsing. Shangula sê die langverwagte distrikshospitaal sal verligting vir die Katutura-hospitaal bring en ruimte skep vir gespesialiseerde dienste.

“Dit sal ook oorlading, lang wagtye en oorvol sale verminder,” het hy gesê.

Tot op hede is ’n interministeriële komitee en tegniese komitee gestig wat toesig oor die ontwikkeling en die implementering van die projek sal hou. Konsultante is aangestel om die volhoubaarheidstudie uit te voer, terwyl ’n gedeelte van Plaas 508 deur die Windhoekse munisipaliteit toegeken is vir die oprigting van die distrikshospitaal. ’n Heining is reeds opgerig om die betrokke perseel te beveilig.

Voorleggings vir spesialisdienste en omgewingsimpakstudies is ook ingedien by die ministerie se verkrygingskomitee om verwerk te word. Die sooispitseremonie vir die nuwe distrikshospitaal word volgens Shangula vir 9 Mei vanjaar beplan.

Sowat N$10,4 miljard van die ministerie se begroting is geoormerk vir bedryfsuitgawes, terwyl N$457 miljoen toegeken is vir die ontwikkeling van infrastruktuur. Die ministerie ondersoek die belegging in intensiewesorgeenhede (ICU’s) in al 14 streekhospitale. Die ministerie vergroot tans sy kapasiteit vir dialise by sewe hospitale met omvattende en moderne dialise-eenhede.

Vir die uitbreiding van internskapprogramme is opknappings tans by die Keetmanshoop-staatshospitaal onderweg, terwyl die verkrygingsproses vir die eenheid vir tandheelkunde by die distrikhospitaal op Katima Mulilo ook reeds afgeskop het.

Shangula sê kontrakte vir die konstruksie vir die kraamsaal by die Onandjokwe-hospitaal, die neonatale eenheid op Swakopmund, sowel as die Muzil-kliniek is opgeskort. Volgens hom word die voltooiing van die projekte gewoonlik vertraag weens kontrakteurs wat as gevolg van hul finansiële en tegniese uitdagings nie die mas kon opkom nie.

Die ministerie is tans besig om die tenderdokumentasie vir verblyf by die Schlip-kliniek en Aranos-gesondheidsentrum te finaliseer, nadat dié kontrakte ook gekanselleer is.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca European Championships Qualifying: Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 11° | 27° Omaruru: 11° | 30° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 27° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 35km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:49, High tide: 12:03, Low Tide: 17:43, High tide: 00:16 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:01, Low Tide: 17:41, High tide: 00:14 Walvis Bay: 23° | 33° Wind speed: 28km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:00, Low Tide: 17:41, High tide: 00:13 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 32° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 16° | 30° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 22° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 12° | 27° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 14° | 27° Harare: 13° | 26° Currency: GBP to NAD 23.08 | EUR to NAD 19.81 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.28 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.28 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 387.56/OZ UP +0.41% | Copper US$ 4.90/lb UP +1.27% | Zinc US$ 2 979.50/T UP 0.05% | Brent Crude Oil US$ 83.45/BBP DOWN -0.0039 | Platinum US$ 1 054.66/OZ DOWN -0.0066 Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca European Championships Qualifying: Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 11° | 27° Omaruru: 11° | 30° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 27° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 35km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:49, High tide: 12:03, Low Tide: 17:43, High tide: 00:16 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:01, Low Tide: 17:41, High tide: 00:14 Walvis Bay: 23° | 33° Wind speed: 28km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:00, Low Tide: 17:41, High tide: 00:13 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 32° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 16° | 30° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 22° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 12° | 27° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 14° | 27° Harare: 13° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.08 | EUR to NAD 19.81 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.28 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.28 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 387.56/OZ UP +0.41% | Copper US$ 4.90/lb UP +1.27% | Zinc US$ 2 979.50/T UP 0.05% | Brent Crude Oil US$ 83.45/BBP DOWN -0.0039 | Platinum US$ 1 054.66/OZ DOWN -0.0066