‘Olie groener as groen’

Eksplorasieboorwerk neem toe
Om olieproduksie te bereik word daar op plaaslike inhoud en skoon tegnologie aangedring.
Augetto Graig
Die Namibië Internasionale Energieberaad is gister deur sowat 800 afgevaardigdes van oraloor die wêreld bygewoon, wat onder meer topleierskap van groot internasionale oliemaatskappye, die Organisasie van Petroleumuitvoerlande (Opul), die Afrika Kamer van Energie en die ministerie van myne en energie ingesluit het.

Die energieminister, Tom Alweendo, het in sy toespraak by die amptelike opening die bedryf aangemoedig om plaaslike inhoud en deelname aan die oliebedryf te bevorder al is die nasionale beleid vir plaaslike inhoud nog nie van krag nie.

“Vir diegene wat kommersiële ontdekkings maak, wil ons hê die ontwikkeling van die ontdekkings moet bespoedig word,” het hy gesê.

“Ons het die hulpbronne uit die grond nodig vir die olie- en gasbedryf om te floreer.”

Hy voer verder aan dat oliemaatskappye spoedig hul jaarlikse kapasiteitsbou en Namibiese inhoudsplanne aan die ministerie moet voorlê.

Namcor, die Namibiese staatsbeheerde oliemaatskappy, se waarnemende besturende direkteur, Ebson Uanguta, beskryf die jongste ontdekking van moontlik meer as 10 miljard vate olie in die Mopane-boorgat in die diepsee-eksplorasiegebied PEL83 as beduidend.

Galp is die meerderheidsaandeelhouer (80%) en in beheer van die projek, met Namcor, en Knowledge Katti se Custos Energy, wat elkeen ’n 10%-belang besit.

Namibië se petroleumkommissaris, Maggy Shino, het by dieselfde geleentheid gesê nog boorwerk word voor die einde van die jaar in die nabygeleë PEL90-gebied verwag, waar Chevron ’n soortgelyke vennootskap met Namcor en nog ’n Katti-maatskappy, Trago Energy, het.

Channa Kurukulasuriya, Chevron se bestuurder in Namibië, sê die land se toekoms is blink.

Vanjaar sal Rhino Resources ook na verwagting in PEL85 begin boor, volgens Shino, terwyl dié private maatskappy gister ’n ooreenkoms met Halliburton aangekondig het om ’n reeks diepsee-boorgate te boor.

Meer eksplorasieboorwerk word volgende jaar in PEL86, 89 en 90 verwag, voeg sy by. Shino sê dat Galp volgende jaar nog vier boorgate gaan boor om die opbrengs van die Mopani-stelsel te bepaal.

Shell het ook sowat ’n week gelede aangekondig dat hy olie vir die sesde keer ontdek het, dié keer in die Enigma-boorgat sowat 15 km suidoos van sy vorige Jonker-ontdekking, en ook in die Oranjekom waar die 2022-ontdekking in Graff-1 gemaak is.

Die grootste van die onlangse ontdekkings bly Total Energies se Venus, wat Shino as ’n reus beskryf.

Volgens haar is Total tans voor in die produksiewedloop, met die verwagting dat dié Franse maatskappy teen 2029 of 2030 olieproduksie aan Namibië kan lewer.

Shino noem ook vooruitsigte vir die ontwikkeling van die Kudu-gasbron en verdere eksplorasie in Namibië se binneland en nader aan die kus.

Sy sê Lüderitz is geïdentifiseer as die spilpunt vir die oliebedryf in Namibië en ontwikkeling by Elizabeth-baai sal toegewy word om die bedryf te ondersteun.

Shino sê die regering se doelwit is dat elke vat olie wat uit die grond kom, moet aandui dat dit Namibies is.

Plaaslike deelname is ’n moet, maar die ontwerp van produksievelde sal ook op ’n gekoördineerde wyse gedoen word en van “groen” tegnologie gebruik maak.

“Ons sal die groenste vate olie vervaardig wat vervaardig kan word. Namibië se olie sal groener as groen wees,” sê die petroleumkommissaris.

Die beraad is by Droombos buite Windhoek aangebied.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca European Championships Qualifying: Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 11° | 27° Omaruru: 11° | 30° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 27° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 35km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:49, High tide: 12:03, Low Tide: 17:43, High tide: 00:16 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:01, Low Tide: 17:41, High tide: 00:14 Walvis Bay: 23° | 33° Wind speed: 28km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:00, Low Tide: 17:41, High tide: 00:13 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 32° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 16° | 30° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 22° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 12° | 27° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 14° | 27° Harare: 13° | 26° Currency: GBP to NAD 23.08 | EUR to NAD 19.81 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.28 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.28 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 387.56/OZ UP +0.41% | Copper US$ 4.90/lb UP +1.27% | Zinc US$ 2 979.50/T UP 0.05% | Brent Crude Oil US$ 83.45/BBP DOWN -0.0039 | Platinum US$ 1 054.66/OZ DOWN -0.0066 Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca European Championships Qualifying: Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 11° | 27° Omaruru: 11° | 30° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 27° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 35km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:49, High tide: 12:03, Low Tide: 17:43, High tide: 00:16 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:01, Low Tide: 17:41, High tide: 00:14 Walvis Bay: 23° | 33° Wind speed: 28km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:00, Low Tide: 17:41, High tide: 00:13 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 32° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 16° | 30° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 22° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 12° | 27° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 14° | 27° Harare: 13° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.08 | EUR to NAD 19.81 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.28 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.28 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 387.56/OZ UP +0.41% | Copper US$ 4.90/lb UP +1.27% | Zinc US$ 2 979.50/T UP 0.05% | Brent Crude Oil US$ 83.45/BBP DOWN -0.0039 | Platinum US$ 1 054.66/OZ DOWN -0.0066