Volgens die Vereniging van Handelsbanke (BAN) is slegs 71 huise weens wanbetaling in 2023 deur banke verkoop.
Foto argief
Volgens die Vereniging van Handelsbanke (BAN) is slegs 71 huise weens wanbetaling in 2023 deur banke verkoop. Foto argief

Banke verdedig sektor

Min huise word glo afgevat
Namibië se massiewe en belangrike bankbedryf kom onder die loop
Augetto Graig
Die Bankiersvereniging van Namibië (BAN) het in 'n onlangse voorlegging aan die parlement gesê slegs 'n handjievol huise waarop banke huisverbande toegestaan het, is verlede jaar weens wanbetaling verkoop.

Spesifiek, in 2023 is 71 huise verkoop, uit 277 wat as te koop geadverteer is. Teenoor byna N$86 miljoen wat uit die huisverkope ingesamel is, het handelsbanke in Namibië huislenings ter waarde van sowat N$50 miljard op hul boeke, volgens BAN.

Die voorlegging is in reaksie op ’n mosie in die parlement wat verlede jaar deur die parlementslid Veikko Nekundi gebring is, in verband met te hoë heffings, winsbejag en diskriminasie onder bankinstellings.

Die vereniging wys daarop dat huise slegs ingevolge 'n hofbevel verkoop word.

Lenings word gefinansier met deposito's wat banke moet beskerm en agterstallige betalings van huislenings kan tot die mislukking van banke lei, het hulle aangevoer.

’n Mislukte bankstelsel sal volgens die banke tot ekonomiese ineenstorting lei. BAN-lidbanke hanteer deposito's ter waarde van N$140 miljard.

Volgens BAN is die grootte van handelsbanke in Namibië, gemeet in Namibiese dollarterme, meer as N$170,2 miljard, terwyl markkapitalisasie reeds meer as N$20,2 miljard is.

Daar is 216 banktakke en -agentskappe landswyd, ongeveer 1 300 outomatiese tellermasjiene en 20 669 verkooppunttoestelle, om dienste aan 1 693 198 kliënte teen die einde van 2023 te lewer.

Slegs 181 208 van kommersiële bankkliënte gebruik die basiese bankrekening waarvoor daar nie vir die dienste betaal word nie. Basiese bankrekeninge word beperk tot kliënte wat minder as N$2 000 per maand verdien.

Banke het 6 038 werknemers in diens, waarvan 89% volgens BAN as voorheen benadeel geklassifiseer kan word. Altesaam 3 808 bankwerkers is vroue teenoor 2 230 mans.

Die gemiddelde loonrekening vir die vyf banke ter sprake is N$1,8 miljard terwyl belasting vir werknemers gemiddeld N$500 miljoen beloop.

Van 2020 tot 2023 het die banke N$7,5 miljard aan belasting betaal, volgens BAN.

Vyf handelsbanke het in 2023 altesaam N$1,1 miljard aan dividende uitbetaal. Die totale waarde van alle lenings was teen einde verlede jaar N$108 miljard.

In reaksie op spesifieke bewerings dat banke teen swart kliënte diskrimineer deur hoë vereistes te stel, lang dienslewering, en dat hulle meer sekuriteit moet bied en meer rente moet betaal, sê BAN sy beleid is om al die kliënte gelyk en regverdig te behandel.

Die beleid word in die kode van bankpraktyke van 2023 uiteengesit, terwyl fooie en koste in terme van kliëntegedrag bepaal word. Digitale opsies met laer koste word volgens BAN aangemoedig.

Die Wet op Bankinstellings no. 2 van 1998 verplig banke om hul fooie bekend te maak, en om dit te baseer op dienste gelewer en die koste van dienste, volgens die vereniging.

Hierdie fooie word elke jaar aan die Bank of Namibia (BoN) geregverdig en kliënte word vroegtydig ingelig oor verhogings, sê die banke.

Rentekoerse word bepaal deur 'n bankmarge van 3,75% by die BoN se repokoers te voeg, met inagneming van koste van fondse, leners se risiko's, duur van die lening en die aard van die besigheid en die bate wat gefinansier word, brei hulle uit.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 15° | 32° Tsumeb: 15° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Wind speed: 40km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:26, High tide: 10:41, Low Tide: 16:45, High tide: 23:19 Swakopmund: 16° | 18° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:39, Low Tide: 16:43, High tide: 23:17 Walvis Bay: 17° | 25° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:38, Low Tide: 16:43, High tide: 23:16 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 31° Keetmanshoop: 20° | 32° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 16° | 29° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 14° | 25° Maseru: 10° | 26° Antananarivo: 15° | 25° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 18° | 28° Windhoek: 13° | 27° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 26° | 30° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 27° Currency: GBP to NAD 23.22 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.56 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.43 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1349.9 | USD to ZAR 18.56 | USD to ZMW 26.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13322.85 Up +0.03% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.97/OZ UP +0.46% | Copper US$ 4.46/lb DOWN -0.0096 | Zinc US$ 2 923.50/T UP 0.18% | Brent Crude Oil US$ 84.35/BBP DOWN -0.0269 | Platinum US$ 951.10/OZ UP +1.75% Sport results: LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Weather: Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 15° | 32° Tsumeb: 15° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Wind speed: 40km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:26, High tide: 10:41, Low Tide: 16:45, High tide: 23:19 Swakopmund: 16° | 18° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:39, Low Tide: 16:43, High tide: 23:17 Walvis Bay: 17° | 25° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:38, Low Tide: 16:43, High tide: 23:16 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 31° Keetmanshoop: 20° | 32° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 16° | 29° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 14° | 25° Maseru: 10° | 26° Antananarivo: 15° | 25° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 18° | 28° Windhoek: 13° | 27° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 26° | 30° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.22 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.56 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.43 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1349.9 | USD to ZAR 18.56 | USD to ZMW 26.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13322.85 Up +0.03% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.97/OZ UP +0.46% | Copper US$ 4.46/lb DOWN -0.0096 | Zinc US$ 2 923.50/T UP 0.18% | Brent Crude Oil US$ 84.35/BBP DOWN -0.0269 | Platinum US$ 951.10/OZ UP +1.75%